Die eerste Vryswartes van Stellenbosch 1679-1720

Au$ 9.76

Product Code: 978-1-920429-15-7

Die Eerste Vryswartes van Stellenbosch 1679-1720

In hierdie navorsingsverslag van die destydse Wes-Kaaplandse Instituut vir Historiese Navorsing skets Dr JL Hattingh die agtergrond van die Vryswartes in Stellenbosch vir die tydperk 1679-1720. Hy kleur ook hierdie agtergrond in met beskrywings van die bydrae van die Vryswartes in daardie tydperk. Hattingh skryf as volg:

Ter viering van Stellenbosch se drie-eeuse bestaan in 1979 het die Suid-Afrikaanse Historiese Vereniging ‘n streekskonferensie by die Universiteit van Stellenbosch gehou. By die geleentheid, op 12 Oktober 1979, moes die outeur ‘n referaat lewer oor 'Die Slawe en Vryswartes in die Stellenbosse Distrik, 1679-1795'. Aangesien die navorsing op daardie stadium nog maar in ‘n aanvangstadium verkeer het, was die referaat eintlik niks meer as blote verkenningswerk nie. Sedertdien is die navorsing veel verder gevoer sodat hierdie dus ‘n verwerking en ‘n uitbreiding van die oorspronklike referaat is. Die inhoud is aansienlik bygewerk.

Weens die aanvanklike tweeledige aard van die tema, en omdat die verskynsel van vryswartes (dit wil sê vrygestelde slawe) in Stellenbosch ‘n meer logiese eenheid vorm, is dit eerste uitgelig en beperk tot slegs die aanvangsjare van die distrik. So, word gehoop, word ‘n bydrae gelewer tot ons kennis van ‘n aspek van ons land se verlede wat minder bekend was – meer bepaald om ‘n beter begrip oor ons onderlinge volkereverhoudings te vorm.


Die inhoudsopgawe van die 87 bladsy verslag is - benewens die gewone Voorwoord en lys van kaarte en tabelle - as volg:

  • Agtergrond
  • Anthonie van Angola
  • Louis van Bengale
  • Jan van Ceylon
  • Die Paar vryswartes van Guineë
  • ‘n Nuwe geslag
  • Die Vryswartes en die Gereg
  • Vrygestelde swartvroue


Daar is ook 'n gedetaileerde bronnelys en indeks.

 

Formaat: PDF Aflaaibarebare lêer van sowat 8mb
Bladsye : 87 (Afrikaans)
ISBN : 978-1-920429-15-7

 


Die Eerste Vryswartes van Stellenbosch 1679-1720 (The First Free Blacks of Stellenbosch 1679-1720)

In this research report of the then Western Cape Institute for Historical Research, Dr JL Hatting sketches the background of the first Free Blacks in Stellenbosch for the period 1679-1720. He also expands on this background by providing well-documented descriptions of the actions and contributions of Free Blacks during that period.

As part of the tercentenary of Stellenbosch in 1979 the South African Historical Society held a conference at the University of Stellenbosch. On 12 October 1979 the author was to present a paper on the 'Slaves and Free Blacks in the Stellenbosch district during the period 1679-1795'. As the research was only at a preliminary stage at that time, the paper was in essence only an exploration of the subject matter. Since then the research has progressed extensively, leading to the expansion of the original paper. The original content has also been extensively updated.

In contrast with the two-fold nature of the original theme, this research paper highlights particularly the contributions of the Free Blacks during the first years of the district. It is hoped that this report will assist in developing a better understanding of a neglected part of South Africa's past.

The table of contents of the 87-page report - apart from the obligatory preface and table of charts/figures - contains the following:

  • Agtergrond ( Background )
  • Anthonie van Angola ( Anthony of Angola )
  • Louis van Bengale ( Louis of Bengal )
  • Jan van Ceylon ( Jan of Ceylon )
  • Die Paar vryswartes van Guineë ( A couple of the Free Blacks from New Guinea )
  • ‘n Nuwe geslag ( A new generation )
  • Die Vryswartes en die Gereg ( The Free Blacks and the law )
  • Vrygestelde swartvroue ( Freed black women )


The paper also contains a good bibliography and index.

 

Format: PDF downloadable file of ± 8mb
Pages : 87 (Afrikaans)
ISBN : 978-1-920429-15-7