In die skaduwee van die dood

Au$ 9.76

Product Code: 978-1-920091-37-8

In die skaduwee van die dood

    (See here for the English version.)

In In die skaduwee van die dood skets Generaal Pieter Hendrik Kritzinger sy oorlogsondervindings en avonture. Hierdie eerstehandse vertelling is egter nie bloot ’n dag-tot-dag dagboek nie: dit is doelbewus tematies gerangskik sodat die leser die groter verloop van die oorlog, die besluite wat geneem moes word asook die koste daarvan duidelik kan verstaan.

Kritzinger skryf as ’n Boer wat openlik treur oor die verlies van onafhanklikheid, maar hy stel terselfdertyd sy doel onomwonde: om "aan beide kante reg te laat geskied", en om "...twee Christenvolke wat bestem is om saam in een land te woon"..."te verenig en te versoen…". Die kombinasie van oortuiging en bitterheid verleen besondere impak aan die boek.

Die aanloop tot die oorlog word bespreek, voor die verhaal beweeg na beskrywings van belangrike skermutselings en veldslae, operasies in die Kaapkolonie, die skrywer se eie verwonding, en uiteindelik na ’n dramatiese krygsraad wat sy lewe in die weegskaal geplaas het. Verder word die omstandighede van oorgawe bespreek voordat 'n besinning oor die oorlog en die Boer-vegter gelewer word.

Die boek bevat die volgende hoofstukke:

  • Genl PH Kritzinger;
  • Gevegte (o.a. Stormberg, Sannaspos en Mostertshoek);
  • In moeilike posisies (tussen twee riviere en vyf kolonne, en teen die spoorweg);
  • Na die Kaapkolonie;
  • Gewond;
  • Voor die Krygsraad;
  • Waarom ons oorgegee het;
  • Die Boer gesien in die lig van die oorlog;
  • Die opstand in die Kolonie;
  • Oorlogsinsidente; en
  • Donker dae.

'n Aantal fotos en illustrasies is ook ingesluit. Hoewel die boek nie geïndekseer is nie, is dit volledig soekbaar.

Taal:   Afrikaans
Bladsye:   246
Formaat:  Aflaaibare PDF (±9mb)