Nagelatene Leerredenen
Price: R110
Nagelatene Leerredenen is 'n herdenkingsboek met dertig preke van Ds WA du Toit. Ds du Toit, eertydse leraar van die NG gemeente Dewetsdorp, is op 23 Februarie 1857 in Montagu in die destydse Kaapkolonie gebore. Tydens die herlewingsveldtog van Dr Hofmeyr, word Du Toit bekeer. Hy studeer aan die Teologiese Seminarie in Stellenbosch.
Ds du Toit word op 17 November 1884 na Dewetsdorp beroep en word aldaar bevestig op 7 Februarie 1885. In Mei van dieselfde jaar tree hy ook daar in die huwelik met Anna Elizabeth de Wet. Ten spyte van verskeie beroepe (o.a. na Steynsburg, Edenburg en Ladybrand ) het hy tot sy afsterwe in Dewetsdorp gearbei.
Op 17 Augustus 1898 ontvang sy gemeente die tyding dat hy - saam met sy eggenote en hul jong dogter - die vorige aand in 'n treinongeluk naby die Laingsburgstasie omgekom het. Die dorp en tewens die Vrystaat word in rou gedompel en huldeblyke stroom van oral in.
In 1899 gee die Kerkraad hierdie pragboek uit met 30 van Ds du Toit se preke - die lys van preke kan hier gevind word