Bewaarders van ons Erfenis, CD 2
Price: R200
Die 'Bewaarders van ons Erfenis'-reeks handel oor grondbesitting in die Kaapkolonie om 1850. 'n Kaart van die 30 Distrikte waarvoor plaas-eienaarskap in 1850 ingesluit is, word ook hier gereproduseer. Op 5 Oktober 1848 het die Kaapse Goewerneur sir Harry Smith die magistrate van die 30 Distrikte waarin die Kaap Kolonie op daardie stadium verdeel was, opdrag gegee om volledige gegewens van grondeienaars en hul eiendomme in hulle distrikte te verstrek. Die opgawes is drupsgewys gedurende 1849 en 1850 ontvang en daarna in die Cape Colonial Gazette publiseer. Gegewens oor eienaars van beide erwe en plase is ingesamel, maar die eienaars van erwe word nie in hierdie publikasie vervat nie.
Op hierdie CD verskyn dele 15-32 van die reeks van 32 , naamlik:
Deel 32 bevat korreksies vir al die vorige dele (1-31) asook 'n stel van 7 indekse wat strek oor die hele reeks.