Search for:
Welcome Guest
[Login | Register]
Shopping Basket
Your basket is empty.
0Items in cart:
R0Total:
 
Currency
 
Mailing List
Subscribe to our mailing list below:
Email:
 

Die Boere op St Helena

Price:
R120

ISBN:
978-1-920091-64-4


Quantity:        Add to Basket
Die Boere op St Helena

Befaamde skrywer PJ Nienaber het die oorlogsdagboek van H de Graaf  verwerk in hierdie boeiende beeld van die lewe van die Boerekrygsgevangenes op St Helena. Veral van belang is die naamlyste van krygsgevangenes wat hier oorlede is, welke lyste ook die afgestorwenes se ouderdomme, hulle plase van oorsprong en die distrikte van herkoms weergee. (Sien ook "Nag op St Helena" en die kombinasie cd)

Die Inhoudsopgawe asook die Inleiding kan hier afgelaai word, maar opsommenderwys die volgende:

Die boek is in 2 dele. Deel 1 bestaan uit 6 hoofstukke:

1. Op Kommando
2. Op See
3. Op St Helena
4. Die jaar 1901
5. Die jaar 1902
6. Vrede

Deel 2 bevat detail oor 'n aantal moordsake - van die krygsgevangenes wat hier vermoor is. Dit sluit ook 'n afdeling in oor 'n aantal verenigings wat deur die Boere begin is - verenigings van 'n sosiale, Christelike en opvoedkundige aard. Daar is ook 'n gedeelte met gedigte wat deur die krygsgevanges geskryf is. Die boek is nie geindekseer nie maar is volledig soekbaar. 'n Aantal sketse en tekeninge is ook ingesluit.

'n Addendum is by die oorspronklike boek gevoeg, waarin 'n dertigtal pragfotos, skilderye en tekeninge van die eiland, sommige gevangenes asook van die Britse personeel verskyn.

162 Bladsye, Afrikaans

Powered by CubeCart
Copyright Devellion Limited 2006. All rights reserved.