Search for:
Welcome Guest
[Login | Register]
Shopping Basket
Your basket is empty.
0Items in cart:
R0Total:
 
Currency
 
Mailing List
Subscribe to our mailing list below:
Email:
 

Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963

Price:
R120

ISBN:
0-9584832-2-1


Quantity:        Add to Basket
Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963

Die NG Moedergemeente Stellenbosch se Genootskap vir die Kerkversameling is op 21 Julie 1999 gestig met o.a. die doel om die  dokumente van die Gemeente te bewaar en te ontsluit. Die oudste en broosste dokumente is skandeer en daarna transkribeer en op CD vasgelê.

'Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963'  is nou beskikbaar as  PALMKRONIEKE No 2.

Bykans ’n halfeeu nadat Die Kerk van Stellenbosch verskyn het, is dit steeds ’n waardevolle bron van inligting oor die vroeë geskiedenis van die kerk en die dorp.  Dit bly die gesaghebbendste publikasie oor die gemeentelike vaste eiendomme in die historiese kern van Stellenbosch.

Ongelukkig is dit reeds geruime tyd uit druk en gevolglik was dit grotendeels ontoeganklik vir die algemene publiek.

Hierdie heruitgawe, in beide digitale beeld en digitale teks, is derhalwe bedoel om ’n waardevolle bron oor geskiedenis van die Gemeente van Stellenbosch (tans bekend as die N G Moedergemeente) te herontsluit. Hopelik sal dit bydra tot ’n groter belangstelling in die gemeente en sy kerkgeboue se geskiedenis, veral met die oog op die 50ste herdenking van die verskyning van die boek en die 150ste herdenking van die herinwyding van die Moederkerk in sy huidige gedaante, wat beide in 2013 sal plaasvind.



The 'Genootskap vir die Kerkversameling' of the DRC Moedergemeente Stellenbosch was formed on 21 July 1999 i.a. to preserve and make available the congregation's historical documents. The oldest documents and those most likely to be damaged were scanned, transcribed and captured on CD.

'Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963'   is now available on CD as  PALMKRONIEKE No 2

Almost half a century after its publication,  'Die Kerk van Stellenbosch' remains a valuable resource on the both the early history of the church and that of the town itself. It is certainly the authoritative publication on the congregational holdings and the history of the town centre.

Unfortunately the book has been out of print for quite some time and has thus not been accessible  to the general public.

This digital reprint (both in image and text format) has as its primary objective the unlocking of the this valuable information, and it is hoped that it will contribute to a growing interest in the congregation and its buildings.

Powered by CubeCart
Copyright Devellion Limited 2006. All rights reserved.