Search for:
Welcome Guest
[Login | Register]
Shopping Basket
Your basket is empty.
0Items in cart:
R0Total:
 
Currency
 
Mailing List
Subscribe to our mailing list below:
Email:
 

Die Boshoff familie in Suid-Afrika

Price:
R130

ISBN:
978-1-920091-19-4


Quantity:        Add to Basket
Die Boshoff familie in Suid-Afrika

Weergawe 3 van "Die Boshoff-familie in Suid-Afrika" bevat nie alleen die stamregister van die nasate van stamvader Willem Hendrik Boshoff nie, maar sluit ook 'n aantal baie interessante items in, o.a. 'n aantal Boshoff-briewe geskryf vanuit die Norvalspont kamp asook die Boshoff doopinskrywings van 'n aantal NG gemeentes (George, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Calitzdorp, Volmoed, De Hoop en De Rust).

Die nuwe boek bevat 'n groot aantal nuwe name en geslagte. Sowat 1500 digitale fotos van SK'e, doopsertifikate en ander brondokumente word ook ingesluit, insluitend die volgende:

- al die Boshoff SK's in die VAB;
- feitlik al die Boshoff SK's in die NAB;
- meeste van die Boshoff SK's in die Bloemfonteinse Meesterskantoor;
- 'n hele aantal van die TAB en KAB se Boshoff SK's; en
- verskeie ander Boshoff verwante dokumente, grafsteenfotos, ABO vergoedings-eise edm.

Sover moontlik is bronverwysings ook aangebring, en die dokument is nou van hiperskakels voorsien om veral kruis-opsoeke en skakels na die fotos en brondokumente te vergemaklik. 

Die cd bied besondere goeie waarde, veral inaggenome al die digitale sterftekennisse en ander dokumente wat ingesluit is.

366 bladsye, Afrikaans

Powered by CubeCart
Copyright Devellion Limited 2006. All rights reserved.