Boere & Nag op St Helena Kombo
Price: R190
Tydens die ABO is verskeie Boere krygsgevangenes na die eiland St Helena gestuur. Bekende skrywer PJ Nienaber het die dagboek van een van hierdie krygsgevangenes (H de Graaf) te boek gestel en dit is gepubliseer as "Boere op St Helena". Nienaber het ook 'n roman geskryf oor die krygsgevangenes, baseer nie alleen op die genoemde dagboek nie, maar ook op ander vertellings, welke boek as "Nag op St Helena" publiseer is. Beide hierdie boeke is reeds beskikbaar op cd, en ten einde 'n meer bekostigbare oplossing daar te stel vir persone wat in beide belangstel, is hierdie kombinasie-cd nou beskikbaar gestel. Die twee boeke beslaan onderskeidelik 162 en 192 bladsye, en is in Afrikaans.