Bewaarders van ons Erfenis CD 1+2 Kombo
Price: R360
Hierdie CD is 'n Kombinasie van die twee Bewaarders cd's, bevat al 32 dele van die reeks Bewaarders publikasies en kos 10% minder as die 2 cd's individueel. Die 'Bewaarders van ons Erfenis' reeks handel oor grondbesitting in die Kaap Kolonie om 1850. 'n Kaart van die 30 Distrikte waarvoor plaas-eienaarskap in 1850 ingesluit is, word ook hier gereproduseer. Op 5 Oktober 1848 het die Kaapse Goewerneur sir Harry Smith die magistrate van die 30 Distrikte waarin die Kaap Kolonie op daardie stadium verdeel was, opdrag gegee om volledige gegewens van grondeienaars en hul eiendomme in hulle distrikte te verstrek. Die opgawes is drupsgewys gedurende 1849 en 1850 ontvang en daarna in die Cape Colonial Gazette publiseer. Gegewens oor eienaars van beide erwe en plase is ingesamel, maar die eienaars van erwe word nie in hierdie publikasie vervat nie.
Op hierdie CD verskyn al 32 dele van die reeks, plus korreksies en bywerkings. Die volgende dsitrikte word gedek:
Deel 32 bevat korreksies vir al die vorige dele (1-31) asook 'n stel van 7 indekse wat strek oor die hele reeks.
Elke deel bevat 'n kort geskiedenis van die distrik, 'n kort opsomming van bekende families in die distrik, 'n indeks van plaaseienaars met hul plase asook 'n Indeks van Plaasname met hul eienaars.