Dagboek van 'n Bethulie Kampdogter
Price: R125
Hierdie boek is een van die hartseerstes waaraan ek nog gewerk het, maar tog is dit baie inspirerend. Dit vertel van die wedervaringe van 'n gesin in die Bethulie- en Kabusie kampe - nie net die gesin se wel en weë word bespreek nie maar ook word die toestande en sterftes in die kampe beskryf. Die Bethulie-Konsentrasiekamp sou van al die kampe van die oorlog die hoogste offer moes bring: Nie minder as 1,714 oumense, moeders en kinders het in die Kampkerkhof hulle laaste rusplek gevind nie.
Die dagboek is deur Mev Hamman in Afrikaans verwerk, maar die oorspronklike dagboek (in Nederlands/Afrikaans-Nederlands) word ook ingesluit.
Die inhoudsopgawe, voorwoord en inleiding kan hier afgelaai word.