Jourdan/Jordaan genealogie Vol 1

Au$ 21.96

Product Code: 978-1-920429-63-8

Die Genealogie van Jourdan/Jordaan 1424-2021 - Van Adam en Eva tot Jourdan

In hierdie eerste volume (312 bladsye) van die uitgebreide Jordaanregister word 'n bloedlyn vir die Jourdan/Jordaan familie gegee wat volgens die outeurs terugloop na Adam en Eva. Die outeurs sê o.a. "Die register [is] met die hulp van bronne wat handel oor die verspreiding van die Israelse tien stamme [moontlik gemaak]. Die leser sal merk dat die Jourdan/Jordaan bloedlyn afstam van Reuben wie se nageslagte in Frankryk gevestig het."

Na 'n deeglike beskrywing van die politieke en godsdienstige bestel in Frankryk in die 17e eeu waarteen die Jourdan/Jordaan geskiedenis afspeel, word die vlug van Hugenote na die Kaap weergegee. Die eerste 4 geslagte aan die Kaap word kortliks bespreek, waarna die verspreiding van die Jordaanfamilie in Suid-Afrika beskryf word. Dit word gevolg deur 'n aantal hoofstukke oor die Jordaans se invloed binne en buite Suid-Afrika.

Die Inhoudsopgawe van hierdie volume is as volg:

  • Bedankings
  • 1. Inleiding
  • 2. Kronieke van Adam en Eva tot Jourdan
  • 3. Die Jordaan
    • 3.1 Die naam Jordaan in die Bybel
    • 3.2 Die betekenis van die naam Jordaan
  • 4. Die Kruistogte en die eerste Jordaans
  • 5. Die Waldensers in Lyon, Lombardye en Piedmont
  • 6. Die Jourdans in die Luberon .
  • 7. Die Staatkundige en Godsdienstige bestel in Frankryk in die Sewentiende eeu
  • 8. Bestemmings vir Hugenotevlugtelinge: Nederland,Duitsland, Engeland en Amerika
  • 9. Vlug na Vryheid
  • 10. Aankoms in die Kaap de Goede Hoop
  • 11. Kerk en Politiek aan die Kaap
  • 12. Die eerste vier geslagte Jordaans in Suid-Afrika
  • 13. Verspreiding van die Jordaan-familie in Suid-Afrika
    • 13.1 1741–1800 Die verspreiding na die binneland begin
    • 13.2 1821–1850 Die eerste verspreiding na Natal (tans Kwazulu-Natal), Vrystaat en Wes-Transvaal (tans Noordwes)
    • 13.3 1851-1870 Die eerste verspreiding na Oos-Transvaal (tans Mpumalanga) en Noord Transvaal (tans gedeeltelik Gauteng en Limpopo)
    • 13.4 1870–1890 Verdere verspreiding in provinsies waar Jordaanfamilielede reeds teenwoordig was
    • 13.5 1890–1899 Die eerste Jordaans steek die Suid -Arikaanse grens oor na buurlande
    • 13.6 1899–1903 Die invloed van die Anglo-Boereoorlog
    • 13.7 1904–1910 Lae tempo van verspreiding
    • 13.8 1910–1955 Die bereiking van die verste punte in Suid–Afrika en verdere verspreiding na Afrikalande
  • 14. Die Jordaans in leiersrolle
    • 14.1 Internasionaal 
    • 14.2 Suid–Afrika
  • 15. Militêre opofferinge deur lede van die Jordaan-familie op internasio¬nale slagvelde
  • 16. Jordaanstatistiek
  • 17. Die Jordaan-familie en hulle heraldiese erfenis
  • 18. Die Jordaan-en Hugenoot nalatenskap inSuid-Afrika
  • 19. Die verbintenis met die Hugenote Stigting van Suid–Afrika in Franschhoek, die bakermat van die Jordaan-familie
  • 20. Bronne en verdere leeswerk
    • 20.1 Bronne hoofstuk twee
  • 21. Bylae
    • 21.1 Musiek met erfenis temas
    • 21.2 Uitknipsels
       

Bladsye: 312 (Afrikaans)
Formaat: Aflaaibare PDF