Die dagboeke van Johannes Meintjes

Au$ 7.32

Product Code: 978-1-920091-81-1

DIE DAGBOEKE VAN JOHANNES MEINTJES

Johannes Meintjes, een van Suid-Afrika se mees respekteerde kunstenaars, het noukeurig dagboek gehou van sy doen en late oor 'n uitgestrekte tydperk, en tussen 1961 en 1975 is drie van hierdie dagboek publiseer. Al drie hierdie dagboeke word op hierdie cd ingesluit.

Dagboek 1, wat aan Meintjes se vader Ernest Frederick Meintjes opgedra is, bevat talle illustrasies/tekeninge deur die kunstenaar. In 1961 vrygestel in 'n beperkte uitgawe van 1000, dek hierdie dagboek die outeur se Universiteitsdae, sy "Johannesburgse fase", sy aanvanklike werk as professionele kunsskilder en ook sy verblyf in London. 'n Register van die werke wat hy in hierdie tyd die lig laat sien het, is ook ingesluit.

Dagboek 2 (in 1972 uitgegee) dek die tydperk vanaf Februarie 1947 tot April 1951 en omskryf Meintjes se tyd in Kaapstad en op Grootzeekoegat. Die skilderye van hierdie tydperk word ook gelys.

Die tydperk van April 1951 tot Junie 1955 word in Dagboek 3, wat in 1975 publiseer is, gedek. Die laaste jare op Grootzeekoegat asook die laaste tydperk in Johannesburg word omskryf. Weereens rond 'n lys van sy werke in hierdie tydperk  die boek af.

Die 3 dagboeke beslaan 'n totaal van 621 bladsye en gee as geheel 'n baie goeie beeld van hierdie besondere kunstenaar.

Al drie dagboeke is in Afrikaans.

 

Formaat : Aflaaibare PDF