Die Jerusalemgangers

Au$ 13.17

Product Code: 978-1-920429-28-7 

Die Jerusalemgangers

Die Jerusalemgangers, wat ook as die Enslin-party bekend gestaan het, was 'n groep Voortrekkers wat onder leiding van Johan Adam Enslin na Jerusalem wou trek, o.a. om van die Britse oorheersing weg te kom. Die groep word soms as 'n eksentrieke sekte beskou vanweë hul mengsel van politieke en godsdienstige opvattings

Voor die verskyning van hierdie boek was die gepubliseerde inligting oor die Jerusalemgangers maar skraps. Welbekende skrywers soos Lion Cachet, Preller, Gerdener en Moorrees het maar enkele paragrawe of selfs net voetnotas oor hierdie groep Voortrekkers in hul werke ingesluit. Kerkgeskiedenisse het ook min oor die trekkers te sê.

In hierdie boek bied JP Claasen die resultate aan van 'n deeglike ondersoek na die ontstaan, wese, ontwikkeling en einde van die Jerusalemgangers. Aandag word geskenk aan die bydraende politieke en godsdienstige strominge. Ook word daar gelet op die persone wat in leiershoedanighede opgetree het en die aandeel wat hulle in hierdie verband gehad het. Spesiale aandag word ook aan die leier JA Enslin gegee.

Die goed-nagevorsde boek wat van talle voetnotas en bronverwysings voorsien is, is in 5 hoofstukke onder die volgende hoofde verdeel:

  • 1. Die godsdienstige voedingsbodem van die Jerusalemgangers
  • 2. JA Enslin - van Cradock na Marico
  • 3. Jerusalem toe
  • 4. Die einde van die pad
  • 5. Die betekenis van die Jerusalemgangers

Die inleiding kan hier afgelaai word.

Formaat: PDF Aflaaibare lêer ( ±14mb, ge-zip)
Bladsye : 133 ( in Afrikaans )
ISBN : 978-1-920429-28-7


Die Jerusalemgangers (The Jerusalem-trekkers)

(please note this book is in Afrikaans)

The Jerusalem-trekkers, also known as the Enslin-party, was  a group of  Voortrekkers who wanted to relocate (overland) to Jerusalem, mainly to get away from British rule. The group, led by Johan Adam Enslin, is often seen as an eccentric sect because of their curious blend of political and religious ideas.

Prior to the publication of this book there was a dearth of publicly available infomation on this group. Well-known authors such as Lion Cachet, Preller, Gerdener and Moorrees included only a few paragraphs at best on this group of trekkers - and in some instances only a footnote. Similarly, the various church histories included only very sparse details, if any.

In this book JP Claasen presents the results of a detailed study on the origin, nature, development and end of the Jerusalem-trekkers. Attention is paid to contributory political and religious factors and trends. Attention is also given to those who acted in a leadership role, with special attention being paid to the leader JA Enslin.

This excellent book is well-researched and replete with extensive footnotes and source-references. It comprises 5 chapters under the following headings:

  • 1. Die godsdienstige voedingsbodem van die Jerusalemgangers (The religious background of the Jerusalem-trekkers)
  • 2. JA Enslin - van Cradock na Marico (JA Enslin - from Cradock to Marico)
  • 3. Jerusalem toe  (To Jerusalem)
  • 4. Die einde van die pad (The end of the road)
  • 5. Die betekenis van die Jerusalemgangers (The importance of the Jerusalem-trekkers)

The introduction can be downloaded here.


Format: Downloadable PDF file ( ±14mb, zipped )
Pages : 133 ( in Afrikaans )
ISBN : 978-1-920429-28-7