Die Heese Omnibus

Au$ 24.39

Product Code: 978-1-920429-34-8 

Die Heese Omnibus

In hierdie omnibus word die onderstaande 4 werke van JA & JF Heese in een bundel bymerkaargebring:

  • Die herkoms van die Afrikaner
  • Afrikaners in Angola
  • Reg en onreg aan die Kaap
  • Slagtersnek en sy mense
     

"Herkoms" is die resultaat van Heese se uitgebreide navorsing oor die impak van die huwelike tussen Europese setlaars en anderskleurige vroue op die genetiese "mengsel" van die Afrikaner. Die grootste gedeelte van die boek word gewy aan die genetiese samestelling van onderskeie Afrikanerfamilies in 7 tydvakke tussen 1657 en 1867. Meer inligting oor hierdie boek is hier beskikbaar, en die voorwoord en ander bladsye kan hier afgelaai word (die items sal in 'n afsondelike venster vertoon word). 

"Afrikaners in Angola" skets die wel en weë van die Afrikaners wat tussen 1880 en 1928 na Angola uitgewyk het. Die boek dek aspekte soos die huwelike wat gesluit is, broedertwis, kerkskeuring, Afrikanernasionalisme en ook die uittog uit Angola. Meer inligting oor hierdie boek is hier beskikbaar, en die voorwoord en inhoudsopgawe kan hier afgelaai word.

"Reg en Onreg" kyk in diepte na die lotgevalle van dié wat voor die hof aan die Kaap verskyn het. Aandag word veral gegee aan die strawwe wat aan slawe opgelê is. Die hofsake waarna verwys word is vir genealoë sowel as kultuurhistorici van belang - nie alleen word die kultuur en tydsgees van die agtiende eeu aan die Kaap weergegee nie, maar ook genealogiese items soos die sterfdatums van vermoordes en inligting oor  "voorzoons" en "voordogters" wat nie altyd in genealogiese werke verskyn nie. Meer inligting oor hierdie boek is hier beskikbaar, en die inhoudsopgawe en 'n aantal ander bladsye kan hier afgelaai word. 

"Slagtersnek" bespreek die motiewe agter die gebeure by Slagtersnek. Daar word ook aandag geskenk aan die familieregisters van die betrokke Bezuidenhout en Prinsloo families. Meer inligting oor hierdie boek is hier beskikbaar, en die inleiding en voorwoord kan hier afgelaai word. 

Formaat:  Al die boeke is in PDF formaat en is in 1 aflaaibare Zip lêer van ± 175mb gekombineer. 
Bladsye: 1000+
ISBN : 978-1-920429-34-8


The Heese Omnibus  

(Please note these books are all in Afrikaans)

This omnibus contains the following 4 books by JA & JF Heese:

  • Die herkoms van die Afrikaner  (The origin of the Afrikaner)
  • Afrikaners in Angola  
  • Reg en onreg aan die Kaap  (Justice and Injustice at the Cape)
  • Slagtersnek en sy mense  (The people involved at Slagtersnek)
     

"Herkoms" is the result of JA Heese's extensive research into the impact on the genetic mix of the Afrikaner by the marriages between European settlers and women of other races. The largest portion of the book is devoted to the genetic mix of a wide range of Afrikaner families in 7 eras between 1657 and 1867. More information about this book is available here while the introduction and some other pages can be downloaded here (these items will be displayed in a new window). 

"Afrikaners in Angola" discusses the trials and tribulations of the Afrikaners who made Angola their home between 1880 and 1928. Aspects covered include marriages entered into, infighting, religious division, Afrikaner nationalism and the exodus from Angola. More information about this book is available  here while the introduction and table of contents can be downloaded here.

"Reg en Onreg" investigates the justice (or injustice) meted out to those who appeared before the court at the Cape. Particular attention is paid to the sentences imposed on slaves. The court cases referred to in the book are of interest not only to genealogists but also to those interested in the cultural history of the eighteenth century at the Cape. Aspects of genealogical importance include the dates of death of persons murdered at the Cape, as well as children whose details would not always be included in other genealogical works (especially the so-called "voorzoons" & "voordogters"). More information about this book is available here while the table of contents and some other pages may be downloaded here

"Slagtersnek" discusses the motives behind the events at Slagtersnek. Attention is also given to the family registers of the Bezuidenhout and Prinsloo families who were involved in the events. More information about this book is available here and the introduction and preface can be downloaded here

Format:  All the books are in PDF format, combined into 1 downloadable Zip file of ±175mb.
Pages: 1000+
ISBN : 978-1-920429-34-8