Commando: A Boer Journal of the Boer War

Au$ 12.20

Product Code: 978-1-920429-67-6

Commando: A Boer Journal of the Boer War. 

Commando: A Boer Journal of the Boer War is one of the most important first-hand accounts of the Anglo-Boer War ever written. Deneys Reitz, only seventeen when war broke out, takes the reader from the early fighting in Natal through the gruelling guerrilla campaigns in the Free State and Western Transvaal to the epic, near-impossible march with General Smuts into the Cape Colony.

Written immediately after the war, Commando  has an immediacy and honesty that later memoirs seldom match. There is no self-glorification here: Reitz records hunger, exhaustion, fear and loss alongside breathtaking escapes, hard fighting and the stark beauty of the South African landscape. General Jan Smuts, who led Reitz during the Cape campaigns, described this as “the book of the Boer War” because it reveals the human side of a conflict that was, above all, “a vast tragedy in the life of a people.”

What makes this volume essential reading today is its remarkable balance. Reitz is fiercely loyal to his comrades and cause, yet his observations of British soldiers and civilians are often generous and fair. Through his clear, understated prose, we see how ordinary young men – on both sides – are shaped by ideals of freedom, duty and patriotism, and how those ideals collide with the realities of scorched earth, concentration camps and a country laid waste.

Later in life Reitz would fight for the British in the First World War and serve as a minister and MP in a united South Africa. Read together with Smuts’s powerful preface, Commando  becomes more than a war memoir: it is a “romance of truth” and a profound meditation on conflict, resilience and reconciliation – indispensable for anyone seeking a nuanced, humane understanding of the Boer War.

Pages:   302 (English)
Format: Downloadable PDF (±6.8Mb)


Commando: A Boer Journal of the Boer War.

Commando: A Boer Journal of the Boer War is seer serkerlik een van die belangrikste eerstehandse verslae oor die Anglo-Boereoorlog. Deneys Reitz, skaars sewentien toe die oorlog uitbreek, neem die leser van die vroeë gevegte in Natal deur die uitputtende guerrilla-veldtogte in die Vrystaat en Wes-Transvaal tot by die bykans onmoontlike tog saam met generaal Jan Smuts diep in die Kaapkolonie in.

Direk ná die oorlog geskryf, het Commando ’n onmiddellikheid en eerlikheid wat min latere herinneringe kan ewenaar. Daar is geen selfverheerliking nie: Reitz beskryf honger, uitputting, vrees en verlies sowel as asemrowende ontsnappings, harde gevegte en die star skoonheid van die Suid-Afrikaanse landskap. Generaal Jan Smuts, sy bevelvoerder tydens die Kaapveldtog, het hierdie boek die boek van die Boereoorlog genoem, juis omdat dit die menslike aspekte van die konflik blootlê wat, soos die boek dit stel “’n groot tragedie in die lewe van ’n volk” was.

Wat die boek vandag onmisbaar maak, is sy merkwaardige balans. Reitz is diep lojaal teenoor sy makkers en saak, maar sy opmerkings oor Britse soldate en burgers is dikwels grootmoedig en regverdig. Deur sy helder, ingetoë skryfstyl sien ons hoe gewone jong mans aan beide kante deur ideale van vryheid, plig en patriotisme gevorm word, en hoe daardie ideale bots met die werklikheid van oorlog, konsentrasiekampe en ’n verskroeide en verwoeste land.

Later sou Reitz aan Britse kant in die Eerste Wêreldoorlog veg en as parlementslid en minister in ’n verenigde Suid-Afrika dien. Saam met Smuts se kragtige voorwoord gelees, word Commando meer as net ’n oorlogsmemoir: dit is ’n “romanse van waarheid” en ’n diepgaande besinning oor konflik, veerkragtigheid en versoening – onontbeerlik vir enigiemand wat soek na 'n genuanseerde beskrywing van die Boereoorlog.

Bladsye:   302 (Engels)
Formaat:  Aflaaibare PDF (±6.8Mb)