Die De Beer Familie: drie eeue in Suid-Afrika

Au$ 17.08

Product Code: 978-0-620-47855-7

Hierdie is die 4e uitgawe van Jaleen en Diwwie de Beer se boek oor die De Beer familie in Suid-Afrika, wat nou in aflaaibare formaat beskikbaar is.

Die boek bevat, in 'n soekbare PDF formaat, die geskiedenis van die familie, naamlyste met Gen2SA indeksnommers asook 'n volledige naamgesorteerde indeks. Meer as 23000 name en 8600 gesinne word ingesluit.

Die skrywers het hulle ten doel gestel om veral aan die volgende doelstellings uitvoering te gee in hierdie boek:

• In die eerste plek is gepoog om ’n oorsigtelike geskiedenis te gee van die De Beer-familie in Suid-Afrika vanaf ongeveer 1675 tot en met die Tweede Wêreldoorlog in 1939.

• In die tweede plek was die doel om die nageslagte van die vier verskillende stamvaders, veral Matthys Andries de Beer (a2), so volledig moontlik te beskrywe vir sover gegewens beskikbaar was, soos dit opgeteken is in die doopregisters van die verskillende kerke, maar ook uit ander bronne soos SAG, ander boeke, sterftekennisse, boedels, begraafplase, mededelings van familie ens. Dit behoort toekomstige navorsers in staat te stel om vanaf hierdie breë basis verder te werk en hulle onderskeie geslagslyne vollediger te beskryf, i.p.v. moeisaam weer van vooraf al die doop- en huweliksregisters deur te werk.

Heelwat geslagslyne van die stamvader, Matthys Andries, kon deurgetrek word tot vandag. Dit kon veral gedoen word uit die werke van G.C. de Beer, mev. Jemima Naude en skrywer se eerste boekie, maar ook met gegewens wat deur ander familielede verskaf is. Met die hulp van genoemde bronne en ook ander inligting, kon ook regstellings gemaak word op hierdie eerste beskeie werkies. Ongelukkig is daar ook ’n paar duisend name wat nie binne hulle familielyn geplaas kon word nie, weens onvoldoende gegewens of gegewens wat mekaar weerspreek. Dit maak ontsluiting van verdere gegewens ook baie moeilik. In die geskiedenisdeel is deurgaans gepoog om dit objektief, feitelik en so korrek as moontlik weer te gee, veral soos dit spreek uit erkende bronne en beskikbare dokumentasie.


Bladsye: 1539
Taal : Afrikaans
Formaat: PDF aflaaibare lêer van ± 8mb (ge-zip)