Die herkoms van die Afrikaner 1657-1867

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-920429-13-3

Die herkoms van die Afrikaner 1657-1867.

Hierdie boek van 335 bladsy is die resultaat van Prof Heese se uitgebreide navorsing. Die hoofdoel van hierdie navorsing was om te bepaal hoeveel van die Europese setlaars (hoofsaaklik van Duitse en Hollandse oorsprong) met anderskleurige dames getroud is en wat die impak daarvan op die genetiese "mengsel" van die Afrikaner is.

Die eerste deelte van die boek (sowat 60 bladsye) gee die agtergrond tot Heese se studie oor die herkoms van die Afrikaner. Die goed gedokumenteerde gedeelte, wat sprekend is van Heese se navorsingstyl,  word afgerond met 'n bronnelys en lys van afkortings wat in die res van die boek gebruik word. Onder die titel "Die herkoms van die Afrikaner" word hierdie gedeelte in 3 tydperke verdeel (1657-1807, 1808-1837 en 1838-1867) voordat 'n opsomming met samevattende tabel die resultate van die studie weergee (o.a. hoe die Afrikaner se genetiese mengsel daar uitsien).

Die tweede en grootste (±270 bladsye) gedeelte van die boek, onder die titel "Lyste van Stamvaders"   bespreek dan in 7 tydvakke (1657-1687, 1688-1717, 1718-1747, 1748-1777. 1778-1807, 1808-1837 en 1838-1867) die genetiese samestelling van die onderskeie Afrikanerfamilies. 'n Aanvullende lys word ook verskaf.

Hierdie boek is haas onontbeerlik vir die wat in die genealogie en sosiale studies belangstel.

Die inhoudsopgawe, voorwoord asook 'n aantal ander bladsye kan hier afgelaai word.

Formaat: aflaaibare PDF (ge-zip)

335 bladsye, Afrikaans


Die herkoms van die Afrikaner 1657-1867.  (The origin of the Afrikaner 1657-1867)

This book of 335 pages (in Afrikaans only) is the result of extensive research by the highly-regarded Prof JA Heese. The main purpose of the book was to determine how many of the European settlers (mainly of Dutch and German origin) married ladies of other races, so as to determine the genetic mix of the Afrikaner.

Part one of the book consists of a ±60-page background to Heese's study. This well-documented part, typical of Heese's research, is augmented with reference list, sources and list of abbreviations.  Under the title  "Die herkoms van die Afrikaner" the research is divided in three eras (1657-1807, 1808-1837 and 1838-1867) before a big-picture view of the Afrikaner's genetic mix is presented.

The second and most comprehensive part of the book portrays, under the title "Lyste van stamvaders" (lists of progenitors), the genetic makeup of a wide range of Afrikaner families. The generations are discussed in 7 eras (1657-1687, 1688-1717, 1718-1747, 1748-1777. 1778-1807, 1808-1837 and 1838-1867).

This well-regarded book is a must for those interested in genealogy or in social studies.

The table of contents, preface as well as a number of other pages can be downloaded here.

Format : downloadable PDF (zipped)

335 Pages, Afrikaans.