NGK Worcester Gedenkboek

Au$ 14.64

Product Code: 978-1-920429-58-4

Hierdie pragboek van JA Heese was die eerste geskiedkundige oorsig van die NG gemeente Worcester. In teenstelling met ander soortgelyke boeke, dek hierdie een nie ook die geskiedenis van die dorp waarin die kerk gevestig is nie, maar eerder die geskiedenis van die gemeente as sodanig. Desnieteenstaande word in die eerste hoofstuk wel aandag gegee aan die aanvanklike invloei van mense van Europese agtergrond. Aandag word ook gegee aan die plase en eienaars tussen 1714 en 1743 en ook aan die burgelike en sosiale lewe.

Die ander 11 hoofstukke fokus op die ontwikkeling van die kerk sedert 1821. Hierdie geskiedenis word geplaas in die kulturele en geestelike milieu. Besondere aandag word gegee nie alleen aan die bydraes van die leraars nie, maar ook van ander persone. Deurgaans kom mens onder die indruk van die werk van die Heilige Gees in die stigting en groei van die gemeente asook in die kerk se betrokkenheid in uitreikaksies en praktiese werk in die breër gemeenskap.

Eerder as om 'n gedetaileerde inhoudsopgawe hier te gee, kan 'n PDF daarvan sowel as van die voorwoord hier afgelaai word.

Die inligting in die boek word goed aangevul deur 'n groot aantal fotos o.a van die mense wie groot rolle in die uitbou en groei van die gemeente gespeel het. 'n Aantal fotos van die kerkgebou, pastorieë en sommige kerkrade (met name) word ook ingesluit.

Die boek is ook voorsien van 'n goeie bronnelys en voetnotas.

Bladsye:142 (Afrikaans)
Formaat: Aflaaibare PDF


NG Kerk Worcester Gedenkboek

In this book, well-respected author JA Heese presents the first historical overview of the Worcester congregation of the Dutch Reformed Church. In contrast with other similar books, this book does not set out to also cover the history of the town in which the church is located but rather focuses on the history of the congregation as such. However, the first chapter does cover the initial influx of people of European descent. Some attention is also given to farms and first owners of those farms in the period 1714-1743.

The remaining 11 chapters focus on the development of the church from 1821. This history is set within the cultural and spiritual milieu. Particular attention is not only paid to the roles and contributions of the various ministers but also of other members of the community. The work of the Holy Spirit becomes evident not only in the growth of the congregation but also in the church’s involvement in various outreaches and practical work in the wider community.

Rather than providing a detailed table of contents here, we’ve made a PDF of it as well as the preface available here.

The information provided in the book is well supplemented by a large number of photos of people who have played a role in the church and its work. A number of photos of the church building, manses and some church councils is also included.

The book is well-footnoted and also contains a decent bibliography.

Pages:142 (Afrikaans)
Format: Downloadable PDF